JESUS IS DIE OPSTANDING EN DIE LEWE.

Preekskets:

Ons is besig om te kyk na Jesus se sewe “EK IS” uitsprake in die evangelie van Johannes.

Vandag fokus ons in die 5de uitspraak op Jesus wat sê: “EK IS die opstanding en die lewe.”

Die wonderwerk wat Hy hierdie keer doen, oortref alle verwagting. Hy wek iemand uit die dood op wat al die proses van ontbinding ondergaan (Lasarus het al begin stink). Jesus wys dat Hy volle mag oor lewe en dood het. Maar hierdie stelling en wonder van Jesus behels bietjie meer as wat ons so met eerste oogopslag raak lees.

Meer as net die afwagting om “eendag” deur Hom uit die dood opgewek te word, leer Jesus dat hierdie “Nuwe lewe” in Hom, nou reeds begin vir elkeen wat in Hom glo. “elkeen wat leef en in My glo, sal tot in ewigheid nooit sterf nie.”

Video Opname:

September 4, 2022

n

Ander Preke:

ONTHOU JESUS CHRISTUS. GESTERF…BEGRAWE…OPGEWEK…VIR JOU!

ONTHOU JESUS CHRISTUS. GESTERF…BEGRAWE…OPGEWEK…VIR JOU!

Paulus se instellingswoorde vir die Nagmaal, is nie sy eie woorde nie, maar woorde wat Jesus aan hom en die ander apostels gegee het, met een eenvoudige opdrag: “Doen dit om My in herinnering te bring.” (…tot My gedagtenis…)