JESUS IS DIE OPSTANDING EN DIE LEWE.

Preekskets:

Ons is besig om te kyk na Jesus se sewe “EK IS” uitsprake in die evangelie van Johannes.

Vandag fokus ons in die 5de uitspraak op Jesus wat sê: “EK IS die opstanding en die lewe.”

Die wonderwerk wat Hy hierdie keer doen, oortref alle verwagting. Hy wek iemand uit die dood op wat al die proses van ontbinding ondergaan (Lasarus het al begin stink). Jesus wys dat Hy volle mag oor lewe en dood het. Maar hierdie stelling en wonder van Jesus behels bietjie meer as wat ons so met eerste oogopslag raak lees.

Meer as net die afwagting om “eendag” deur Hom uit die dood opgewek te word, leer Jesus dat hierdie “Nuwe lewe” in Hom, nou reeds begin vir elkeen wat in Hom glo. “elkeen wat leef en in My glo, sal tot in ewigheid nooit sterf nie.”

Video Opname:

September 4, 2022

n

Ander Preke:

VERVOLGING, LYDING – WAT IS DIE SIN?

VERVOLGING, LYDING – WAT IS DIE SIN?

Vervolging en lyding toets jou geloof, veral omdat ek as mens dikwels nie enige sin kan uitmaak nie. Hieruit word die “waarom” en “hoekom” vrae gebore. Die agtergrond van die psalm kry ons in 1 Samuel 27:10. Daarin word vertel van Dawid as gevangene in Gat van die Filistyne. Dit was ‘n uitdagende tyd in sy lewe. Die toekoms was eintlik so winkend. Hy het Goliat verslaan en almal het kennis geneem van sy vertroue in God.

Pinkster en die gelowige se stryd vandag

Pinkster en die gelowige se stryd vandag

Die belofte is vervul en die Heilige Gees het gekom met duidelike tekens wat almal verstom het. Wat het die gebeure vir ons te sê in hierdie eeu? Ons kan baie sê oor die gawes wat die Heilige Gees oor ons uitgestort het! Maar wat van God se oordeel?