JESUS IS DIE DEUR TOT DIE EWIGE LEWE EN DIE GOEIE HERDER WAT ONS DAARHEEN LEI.

Preekskets:

Ons is besig om te kyk na Jesus se sewe “EK IS” uitsprake in die evangelie van Johannes. Vandag fokus ons op Jesus wat sê: “EK IS die deur vir die skape” en “EK IS die goeie herder.” Hierdie keer doen Jesus nie ’n wonderwerk om sy openbaring uit te beeld nie, maar verduidelik dit deur middel van ’n gelykenis. Dit bou voort op die gedagte van geestelike blindheid waarvan ons laasweek gehoor het. In hierdie geval, amper soos geestelike doofheid.

Daar is net een manier vir skape om in die kraal te kom. Hulle moet deur die kraal se hek/deur ingaan. Hulle moet die herder volg (na sy stem luister) sodat Hy hulle by die regte hek kan bring. Jesus sê duidelik dat sy skape Hom ken en na sy stem luister.

In die viering van die Heilige Nagmaal gedenk ons vandag dat Jesus Christus die Goeie Herder IS wat sy lewe vir sy skape afgelê het, sodat hulle deur Hom in die “kraal” van die ewige lewe kan ingaan.

Video Opname:

Augustus 28, 2022

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?