JESUS IS DIE LIG VIR DIE WÊRELD WAT LEWE GEE.

Preekskets:

Ons is besig om te kyk na Jesus se sewe “EK IS” uitsprake in die evangelie van Johannes.

Vandag fokus ons op Jesus wat sê: “EK IS die lig vir die wêreld.” Weereens gaan hierdie uitspraak van Jesus saam met ’n wonderwerk. Hierdie keer waar Hy die sig van ’n blindgebore man genees. Jesus maak in hierdie Skrifgedeelte eers sy uitspraak dat Hy die lig vir die wêreld is, en dan volg daar ’n hewige redenasie met die Fariseërs oor alles waarop Hy aanspraak maak.

Die Fariseërs begryp nie wat Jesus vir hulle sê nie. Hulle besef nie wie HY IS nie. Hulle is soos blindes wat in die donker rond strompel, maar dan doen Jesus hierdie wonder om weereens te illustreer waaroor dit in wese gaan.

Video Opname:

(Verskoon asb. die klank en beeld probleme – klank skop eers in rondom 06:40 en die beeld is so bietjie agter. Dit is ‘n nuwe opstelling.)

Augustus 21, 2022

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.