JESUS IS DIE LIG VIR DIE WÊRELD WAT LEWE GEE.

Preekskets:

Ons is besig om te kyk na Jesus se sewe “EK IS” uitsprake in die evangelie van Johannes.

Vandag fokus ons op Jesus wat sê: “EK IS die lig vir die wêreld.” Weereens gaan hierdie uitspraak van Jesus saam met ’n wonderwerk. Hierdie keer waar Hy die sig van ’n blindgebore man genees. Jesus maak in hierdie Skrifgedeelte eers sy uitspraak dat Hy die lig vir die wêreld is, en dan volg daar ’n hewige redenasie met die Fariseërs oor alles waarop Hy aanspraak maak.

Die Fariseërs begryp nie wat Jesus vir hulle sê nie. Hulle besef nie wie HY IS nie. Hulle is soos blindes wat in die donker rond strompel, maar dan doen Jesus hierdie wonder om weereens te illustreer waaroor dit in wese gaan.

Video Opname:

(Verskoon asb. die klank en beeld probleme – klank skop eers in rondom 06:40 en die beeld is so bietjie agter. Dit is ‘n nuwe opstelling.)

Augustus 21, 2022

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….