SONDEBOK – BOK VIR DIE HERE TOT ONS VERLOSSINGSVREUGDE.

Preekskets:

Met die talle seremonies en geleenthede in opvolging van koningin Elizabeth II se dood, was daar ook ‘n bok wat vermoedelik as ‘n “gelukbringer” saam met ‘n goedafgerigde peleton gestap het. Digitale media was vol reaksies en uitsprake. Dit het my geprikkel om te kyk na wat die betekenis van “die bok vir die HERE” op die groot versoendag vir ons verkondig en in aansluiting daarby die bok vir Asasèl.

Twee bokke wat heenwys
• Die bok vir die HERE: Profeties na goeie Vrydag, die dag van die kruis, van Godverlatenheid ter wille van die mens se verlossingsvreugde. Jesus Christus het met sy liggaam en bloed die sondebok in ons plek geword.
• Die bok vir Asasèl, die duiwel, Satan! Met twee hande van die hoëpriester word die sonde op hom gelê en dra hy dit die wildernis in terug na die een wat sonde is, om aan hom terug te besorg. Uiteindelik word die sonde saam met die duiwel uitgewerp in die ewige donker van die helse vuur.

In verlossingsvreugde wag ons nou op die Here se verskyning om altyd by Hom te wees.

Video Opname:

September 25, 2022

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.