SONDEBOK – BOK VIR DIE HERE TOT ONS VERLOSSINGSVREUGDE.

Preekskets:

Met die talle seremonies en geleenthede in opvolging van koningin Elizabeth II se dood, was daar ook ‘n bok wat vermoedelik as ‘n “gelukbringer” saam met ‘n goedafgerigde peleton gestap het. Digitale media was vol reaksies en uitsprake. Dit het my geprikkel om te kyk na wat die betekenis van “die bok vir die HERE” op die groot versoendag vir ons verkondig en in aansluiting daarby die bok vir Asasèl.

Twee bokke wat heenwys
• Die bok vir die HERE: Profeties na goeie Vrydag, die dag van die kruis, van Godverlatenheid ter wille van die mens se verlossingsvreugde. Jesus Christus het met sy liggaam en bloed die sondebok in ons plek geword.
• Die bok vir Asasèl, die duiwel, Satan! Met twee hande van die hoëpriester word die sonde op hom gelê en dra hy dit die wildernis in terug na die een wat sonde is, om aan hom terug te besorg. Uiteindelik word die sonde saam met die duiwel uitgewerp in die ewige donker van die helse vuur.

In verlossingsvreugde wag ons nou op die Here se verskyning om altyd by Hom te wees.

Video Opname:

September 25, 2022

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?