LOOP SOOS ‘n SOLDAAT OP PARADE IN PAS MET DIE HEILIGE GEES.

Preekskets:

Die hoofstuk begin met ‘n uiters bemoedigende uitspraak: “Vryheid – is waarvoor Christus ons bevry het!” Dan volg die opdrag: “Staan dan vas…!”

Vryheid, bevry laat jou dink aan gevangenskap en binding en inperking waaruit jy losgekom het. Deur Jesus Christus is ‘n nuwe weg oopgemaak.

Op hierdie weg is dit die Heilige Gees wat ons lei. Maklik is dit nie. Pasop, die pad is vol afdraaipaaie van verleiding. Ons staan egter verwonderd in die tyd waar ons die koms van die Heilige Gees met Pinkster gedenk. In die Vader was God ver en ontoeganklik. Deur die Seun het Hy onder ons kom woon. Nou deur die Heilige Gees is Hy in ons en kan ons deur Hom leef en in pas met Hom bly. Deur Hom word ons lewe nuut en anders. Ons lewe deur die Gees!

Video Opname:

Junie 5, 2022

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.