In die sesde bede van die Onse Vader gebed, leer Jesus ons om te bid: “Laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die bose.”

Preekskets:

Na die ses bedes van die “Onse Vader” gebed, sluit die gebed af met ’n lofprysing wat God erken in alles wat ons pas van Hom gebid het.

Hy is ons Vader; Hy is heilig; Hy is Koning; Hy regeer ons deur sy wil wat volmaak en reg is; Hy voorsien alles wat ons nodig het; Hy spreek ons vry van al ons sondes; Hy beskerm ons teen versoeking en die bose – en daarom loof ons Hom… want aan niks of niemand anders kom ons lof toe nie.

“Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid! – Amen”

Video Opname:

Junie 2, 2024

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….