In die sesde bede van die Onse Vader gebed, leer Jesus ons om te bid: “Laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die bose.”

Preekskets:

Na die ses bedes van die “Onse Vader” gebed, sluit die gebed af met ’n lofprysing wat God erken in alles wat ons pas van Hom gebid het.

Hy is ons Vader; Hy is heilig; Hy is Koning; Hy regeer ons deur sy wil wat volmaak en reg is; Hy voorsien alles wat ons nodig het; Hy spreek ons vry van al ons sondes; Hy beskerm ons teen versoeking en die bose – en daarom loof ons Hom… want aan niks of niemand anders kom ons lof toe nie.

“Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid! – Amen”

Video Opname:

Junie 2, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.