Preekskets:
In die sesde bede van die Onse Vader gebed, leer Jesus ons om te bid: “Laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die bose.”
Dan lees ons in Jakobus 1 vers 2 dat Jakobus sê ons moet bly wees wanneer allerlei beproewings oor ons kom, en in vers 13 sê hy: “13Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie.”
Hoe moet ons dit verstaan? Dit is nie God wat ons versoek nie… en tog leer Jesus ons ter selfde tyd om te bid: “Laat ons nie in versoeking kom nie”, en dan sê Jakobus dat ons moet bly wees wanneer ons wel in beproewings kom?
Miskien wil die Here ons aan iets herinner…