Lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose.

Preekskets:

In die sesde bede van die Onse Vader gebed, leer Jesus ons om te bid: “Laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die bose.”

Dan lees ons in Jakobus 1 vers 2 dat Jakobus sê ons moet bly wees wanneer allerlei beproewings oor ons kom, en in vers 13 sê hy: “13Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie.”

Hoe moet ons dit verstaan? Dit is nie God wat ons versoek nie… en tog leer Jesus ons ter selfde tyd om te bid: “Laat ons nie in versoeking kom nie”, en dan sê Jakobus dat ons moet  bly wees wanneer ons wel in beproewings kom?

Miskien wil die Here ons aan iets herinner…

Video Opname:

Mei 26, 2024

n

Ander Preke:

VERVOLGING, LYDING – WAT IS DIE SIN?

VERVOLGING, LYDING – WAT IS DIE SIN?

Vervolging en lyding toets jou geloof, veral omdat ek as mens dikwels nie enige sin kan uitmaak nie. Hieruit word die “waarom” en “hoekom” vrae gebore. Die agtergrond van die psalm kry ons in 1 Samuel 27:10. Daarin word vertel van Dawid as gevangene in Gat van die Filistyne. Dit was ‘n uitdagende tyd in sy lewe. Die toekoms was eintlik so winkend. Hy het Goliat verslaan en almal het kennis geneem van sy vertroue in God.

Pinkster en die gelowige se stryd vandag

Pinkster en die gelowige se stryd vandag

Die belofte is vervul en die Heilige Gees het gekom met duidelike tekens wat almal verstom het. Wat het die gebeure vir ons te sê in hierdie eeu? Ons kan baie sê oor die gawes wat die Heilige Gees oor ons uitgestort het! Maar wat van God se oordeel?