Na die ses bedes van die “Onse Vader” gebed, sluit die gebed af met ’n lofprysing wat God erken in alles wat ons pas van Hom gebid het.

Preekskets:

Hoe voel jy as gelowige na die verkiesing? Paniekerig, beangs, onseker? Spreek die gemoed van die Israeliete, nadat hulle die woorde van Goliat gehoor het, jou aan? Hy wat sê dat hy n bespotting sal maak van die leiers van Israel.

Die volk en soldate verkeer in angs. Hulle is paniekbevange. Wat kan ons doen?

Tog is daar n jong seun, kind van Isai. As hy by die gevegsterrein kom met kos vir sy sewe broers, is hy net betyds om die woorde van Goliat, die reuse en gesoute kryger te hoor.

Die bogsnuiter Dawid spreek geharde, ervare en gesiene leiers aan met woorde en dade:

Vir Saul: ‘n Mens moenie moed verloor oor hom (of jou omstandighede) nie.

Vir die soldate; Want wie is hierdie onbesnede Filistyn nogal dat hy ‘n bespotting maak van die gevegslinies van die lewende God.

Vir Goliat: Ek kom na jou in die Naam van die HERE, Heerser oor alle magte, die God van … Israel…

In Dawid sien ons hoe God vir sy volk, sy kerk opstaan. Die ondenkbare gebeur, net soos op Golgotha. Daar het Jesus Christus vir ons opgestaan om die grootste vyand, Satan te verslaan, sodat ons vandag steeds uit daardie oorwinning kan leef in onverskrokke getrouheid aan die Koning van alle konings.

Video Opname:

Junie 9, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.