VIER FEES, WANT JY WAS DOOD, MAAR HET WEER LEWENDIG GEWORD. JY WAS VERLORE, MAAR IN CHRISTUS GEVIND!

Preekskets:

Ons het verlede Sondag geleer uit die drie gelykenisse in Lukas 15 dat die Here moeite doen om sy verlorenes te vind. Die klem val natuurlik op “Sy Verlorenes”. Dit beteken, Sy eiendom. In hoofsaak het ons geleer dat die Here se kinders, hulle wie werklik in Hom glo, nooit totaal verlore is nie. Dalk vir ’n tyd lank “verdwaal” of “verlore in hulle weë/sinne”,
maar nooit werklik “weg” nie.

Dit beteken daar is ’n belangrike deel wat nie geïgnoreer kan word nie. Sy verlorenes moet terugkeer na Hom toe. Hulle moet “gevind” word. M.a.w. hulle moet tot bekering kom. Vandag sien ons hoeveel blydskap daar by God is wanneer sy kinders terugkeer na Hom toe. Solank as wat iemand “weg” van God af is, is so iemand so goed soos dood. Maar wanneer hulle terugkom na Hom toe, is dit soos om terug te keer na die lewe. ’n Oorwinning wat ’n feesmaal regverdig!

Video Opname:

November 27, 2022

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.