VIER FEES, WANT JY WAS DOOD, MAAR HET WEER LEWENDIG GEWORD. JY WAS VERLORE, MAAR IN CHRISTUS GEVIND!

Preekskets:

Ons het verlede Sondag geleer uit die drie gelykenisse in Lukas 15 dat die Here moeite doen om sy verlorenes te vind. Die klem val natuurlik op “Sy Verlorenes”. Dit beteken, Sy eiendom. In hoofsaak het ons geleer dat die Here se kinders, hulle wie werklik in Hom glo, nooit totaal verlore is nie. Dalk vir ’n tyd lank “verdwaal” of “verlore in hulle weë/sinne”,
maar nooit werklik “weg” nie.

Dit beteken daar is ’n belangrike deel wat nie geïgnoreer kan word nie. Sy verlorenes moet terugkeer na Hom toe. Hulle moet “gevind” word. M.a.w. hulle moet tot bekering kom. Vandag sien ons hoeveel blydskap daar by God is wanneer sy kinders terugkeer na Hom toe. Solank as wat iemand “weg” van God af is, is so iemand so goed soos dood. Maar wanneer hulle terugkom na Hom toe, is dit soos om terug te keer na die lewe. ’n Oorwinning wat ’n feesmaal regverdig!

Video Opname:

November 27, 2022

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?