KOM TOT JOU SINNE EN KEER TERUG NA JOU VADER.

Preekskets:

In hierdie drie gelykenisse van verlore “items” wat Jesus vertel, leer ons een sentrale tema. “Blydskap!”

Die vraag oor hoe iets of iemand in die eerste plek verlore geraak het, is nie wat hier ter sprake is nie. Dit gaan eerder oor die blydskap wanneer ’n verlorene weer gevind word, en daarom die erns daarvan om hulle op te soek.

In die gelykenis oor die verlore seun vind hierdie drie gelykenisse hulle saamtrekpunt. Dit gaan oor bekering. Ware innerlike en uiterlike bekering, en die vrug wat daarmee gepaard gaan. Vir iemand om hierdie punt te bereik is dit nodig
dat hulle moet verstaan hoe verlore hulle werklik is, en waar hulle redding vandaan sal kom. Dis die wese van selfondersoek.

Video Opname:

November 20, 2022

n

Ander Preke:

Die wil van die Here sal geskied.

Die wil van die Here sal geskied.

Hierdie verse in Handelinge 21 wys nie net Paulus se vasberadenheid nie, maar in besonder al die gelowiges se praktiese uitleef van die inhoud van die “Onse Vader” gebed.

God verwerf, versorg, en bou sy Kerk op.

God verwerf, versorg, en bou sy Kerk op.

In Paulus se afskeidsboodskap aan die ouderlinge van Efese is daar baie emosie betrokke. Hy verseker hulle dat hulle hom nie weer sal sien nie, en druk dit op hulle harte dat hulle verantwoordelik moet voortgaan met hulle bedieningsopdrag.