KOM TOT JOU SINNE EN KEER TERUG NA JOU VADER.

Preekskets:

In hierdie drie gelykenisse van verlore “items” wat Jesus vertel, leer ons een sentrale tema. “Blydskap!”

Die vraag oor hoe iets of iemand in die eerste plek verlore geraak het, is nie wat hier ter sprake is nie. Dit gaan eerder oor die blydskap wanneer ’n verlorene weer gevind word, en daarom die erns daarvan om hulle op te soek.

In die gelykenis oor die verlore seun vind hierdie drie gelykenisse hulle saamtrekpunt. Dit gaan oor bekering. Ware innerlike en uiterlike bekering, en die vrug wat daarmee gepaard gaan. Vir iemand om hierdie punt te bereik is dit nodig
dat hulle moet verstaan hoe verlore hulle werklik is, en waar hulle redding vandaan sal kom. Dis die wese van selfondersoek.

Video Opname:

November 20, 2022

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.