Seënwense vir die nuwe jaar, is ’n gebed wat by Christus begin.

Preekskets:

“Voorspoedige nuwe jaar. Mag dit ’n mooi jaar wees.”

Is hierdie nie die woorde wat ons die afgelope week seker die meeste gehoor het nie? Mooi wense vir die jaar wat voorlê. 2022 is nou amptelik iets van die verlede en almal sien uit na hierdie nuwe jaar wat aangebreek het. ’n Jaar vol drome, vol planne, vol hoop, vol positiewe vooruitsigte. ’n Vars begin op ’n skoon blaadjie, dit is tog waarna meeste mense uitsien.

Laas jaar hierdie tyd het ons nog maskers gedra. Gevrees om weer soos gevangenes ingeperk te word. Maar wat van hierdie jaar? Hoe berei mens jouself voor vir wat hierdie jaar sal inhou?

Ongeag wat kom, is daar net een manier om jouself werklik vir ’n nuwe jaar voor te berei. Begin by die Here. Begin met gebed. Kyk hoe Paulus vanuit die tronk ’n brief skryf wat gekenmerk word as ’n brief van blydskap – en hierdie brief begin by gebed.

Video Opname:

Januarie 8, 2023

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.