Seënwense vir die nuwe jaar, is ’n gebed wat by Christus begin.

Preekskets:

“Voorspoedige nuwe jaar. Mag dit ’n mooi jaar wees.”

Is hierdie nie die woorde wat ons die afgelope week seker die meeste gehoor het nie? Mooi wense vir die jaar wat voorlê. 2022 is nou amptelik iets van die verlede en almal sien uit na hierdie nuwe jaar wat aangebreek het. ’n Jaar vol drome, vol planne, vol hoop, vol positiewe vooruitsigte. ’n Vars begin op ’n skoon blaadjie, dit is tog waarna meeste mense uitsien.

Laas jaar hierdie tyd het ons nog maskers gedra. Gevrees om weer soos gevangenes ingeperk te word. Maar wat van hierdie jaar? Hoe berei mens jouself voor vir wat hierdie jaar sal inhou?

Ongeag wat kom, is daar net een manier om jouself werklik vir ’n nuwe jaar voor te berei. Begin by die Here. Begin met gebed. Kyk hoe Paulus vanuit die tronk ’n brief skryf wat gekenmerk word as ’n brief van blydskap – en hierdie brief begin by gebed.

Video Opname:

Januarie 8, 2023

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….