God verwag ’n opregte hart. Nie uiterlike godsdienstigheid nie.

Skrifgedeelte:


Romeine 2: 17 – 29 (2020)
Fokusverse: Romeine 2: 28 en 29

Liturgie:

Ontmoetingsdiens
Intreelied: Psalm 84-1: 1; Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 146-1-1: 1, 2 en 3; Geloofsbelydenis (12 Artikels);

Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Deut. 5: 1 – 21; 6: 4 – 9; 10: 12 – 22en 30: 1 – 14 (2020); Verootmoedigingslied: Psalm 119-1: 7 en 13 (Eerste Melodie);

Woorddiens
Gebed;Skriflesing; Prediking;

Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: SB. 8-1: 1 en 2; Uitstuurseën. (Amen – SB 13-3)

Preekskets:

In Romeine 2:17–29 waarsku Paulus ernstig teen die gevaar van uiterlike godsdienstigheid sonder innerlike vernuwing. Die Jode van sy tyd het groot voorregte gehad: hulle het die wet van God geken, die verbondstekens gedra en hulleself as die volk van God beskou. Tog wys Paulus dat uiterlike voorreg en godsdienstige kennis niemand regverdig maak voor God nie.

Die kern van die gedeelte lê in verse 28 en 29: ware verbondslewe is nie bloot iets uiterlik nie, maar iets van die hart. Dit was in die Ou Testament al so verkondig: God eis “besnydenis van die hart”. (Deut.10:16) Die Here soek nie net uiterlike gehoorsaamheid, vormgodsdiens of korrekte belydenis nie. Hy eis ’n hart wat aan Hom behoort.

Hierdie teks wys m.a.w. die noodsaak van wedergeboorte. Die mens se grootste probleem is nie bloot verkeerde dade nie, maar ’n sondige hart wat nie van nature God liefhet nie. Daarom het ons meer nodig as godsdiens of kennis; ons het die vernuwende werk van die Heilige Gees nodig. Net God kan die hart verander, nuwe lewe gee en ware liefde vir Hom wek. “Hy sal jou hart besny.” (Deut.30:6)

Romeine 2 roep ons daarom tot eerlike selfondersoek: Rus ek op uiterlike godsdiens? Het ek bloot kennis van God? Of het die Here werklik my hart verander deur sy Gees?

Video Opname:

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.