Skrifgedeelte:
Handelinge 2:1-21
Fokusverse: Handelinge 2:19-21: “En Ek sal bo in die hemel wonders bewerk en tekens onder op die aarde: bloed en vuur en rookwolke. Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom. Dan sal elkeen wat die Naam van die Here aanroep, verlos word.”
Liturgie:
Ontmoetingsdiens
Votum en seëngroet; Lofsang: Psalm 68-1:1,9; Belydenis: Twaalf Artikels; Sing: Skrifberyming 12-3:1,2;
Verootmoedig en versoeningsdiens
Afkondiging van die wet – Eksodus 20:1-17; Antwoord van gemeente: Psalm 32-1:1,3,6;
Woorddiens
Gebed; Skrifberyming 10-1:1,2,3,4 (Op die melodie van Lied 422); Skriflesing; Prediking;
Antwoorddiens
Gebed; Opneem van gawes vir die liefdesdiens van die Diakonie; Slotsang: Psalm 48-1:4,5; Seën: Openbaring 1:4,5;
Preekskets:
Die belofte is vervul en die Heilige Gees het gekom met duidelike tekens wat almal verstom het. Wat het die gebeure vir ons te sê in hierdie eeu? Ons kan baie sê oor die gawes wat die Heilige Gees oor ons uitgestort het! Maar wat van God se oordeel?
Die mense was verward en het nie verstaan wat die betekenis van die tekens was nie. Treffend is dat Petrus die tekens verklaar in sy prediking uit Joël 2:28-32. Daarmee wys hy op God wat met die wêreld in gerig tree. Die laaste dae het aangebreek.
Mag die Here ons oë oopmaak dat ons mag sien dat hierdie oordele nog ‘n laaste oproep van die Here is vir die wêreld om tot bekering te kom. Daar is nog ruimte om God se oordeel te ontkom. Sy trooswoord is immers: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep sal verlos word. Sien en hoor jy hoe die Heilige Gees in ons midde besig is?
