Skrifgedeelte:
Romeine 2: 1– 16 (2020)
Fokusverse: Romeine 2: 2
Kategismus: Sondag 4: V&A 9, 10 en 11
Liturgie:
Vooraf
Selfstandige Skriflesing: 2 Samuel 12: 1 – 7a
Ontmoetingsdiens
Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 9-1-1: 1, 3, 5 en 7 (Tweede Melodie); Sing die Geloofsbelydenis uit SB.12-2: 1, 2, 3, 4 en 5;
Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Deuteronomium 5: 1 – 21 (2020); Verootmoedigingslied: Psalm 119-1: 1 en 3 (Eerste Melodie);
Woorddiens
Gebed; Skriflesing; Prediking;
Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: SB. 10-2; Uitstuurseën. (Amen – SB 13-3)
Preekskets:
In Romeine 2: 1 – 16 rig Paulus hom spesifiek tot die mens wat ander oordeel, en ontbloot so die gevaar van selfregverdiging. Die kernboodskap is dat God se oordeel nie soos die mens s’n is nie. God oordeel volgens waarheid. Wanneer ons ander veroordeel, wys ons daardeur dat ons self die “standaard” ken, en dit staan opsig self as getuienis wat ons aankla.
Verder wys die Skrif dat God se goedheid, geduld en verdraagsaamheid nie ’n teken is dat Hy sonde goedkeur nie, maar dat Hy die sondaar tot bekering roep. Wie egter aanhou in hardkoppigheid, is besig om oordeel op te stapel vir die dag van God se regverdige oordeel.
Hierdie gedeelte bevestig dat God nie partydig is nie. Hy sal elke mens regverdig oordeel, selfs volgens die verborge dinge van die hart.
Die boodskap is duidelik: daar is geen skuilplek in moraliteit of sogenaamde godsdiens nie. God is volkome regverdig en kan sonde nie ongestraf laat nie. Hierdie ernstige waarheid roep elkeen tot selfondersoek en bekering, en berei ons voor om die noodsaak van die evangelie des te meer te verstaan.
