God sál ons versorg. Tog wil Hy steeds hê ons moet bid: “Gee ons vandag ons daaglikse brood.”

Preekskets:

Ons trek vandag in ons reeks oor gebed by die vierde bede van die “Onse Vader gebed”.
Die eerste drie bedes het ons duidelik geleer dat ʼn gebed nie by ons begin nie, maar by God. Dit gaan in alles oor God. Tog het ons as mens ook ons plek in die gebed, want dit is immers ʼn gebed wat die Here ons leer om te bid. Wanneer dit egter by “ons” kom in hierdie gebed, dan is dit nie as ʼn “reg” wat ons nou toekom nie, maar as ʼn baie logiese uitvloeisel van die eerste drie bedes. God wil en sál ons versorg met ons daaglikse brood, sodat sy Naam geheilig kan word, sodat sy koninkryk kan kom en sodat sy wil kan geskied.

Video Opname:

Mei 12, 2024

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?