God sál ons versorg. Tog wil Hy steeds hê ons moet bid: “Gee ons vandag ons daaglikse brood.”

Preekskets:

Ons trek vandag in ons reeks oor gebed by die vierde bede van die “Onse Vader gebed”.
Die eerste drie bedes het ons duidelik geleer dat ʼn gebed nie by ons begin nie, maar by God. Dit gaan in alles oor God. Tog het ons as mens ook ons plek in die gebed, want dit is immers ʼn gebed wat die Here ons leer om te bid. Wanneer dit egter by “ons” kom in hierdie gebed, dan is dit nie as ʼn “reg” wat ons nou toekom nie, maar as ʼn baie logiese uitvloeisel van die eerste drie bedes. God wil en sál ons versorg met ons daaglikse brood, sodat sy Naam geheilig kan word, sodat sy koninkryk kan kom en sodat sy wil kan geskied.

Video Opname:

Mei 12, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.