Skrifgedeelte:
Skrifgedeelte: Johannes 10:1-1-21
Fokusverse: Johannes 10:7-10
Liturgie:
Ontmoetingsdiens
Votum en seëngroet; Lofsang: Psalm 46-1:1,6; Bely ons geloof: Belydenis van Nicea;
Verootmoedig en versoeningsdiens
Afkondiging van die Wet – Eksodus 20:1-17; Antwoord van gemeente – Psalm 103-1:2,9;
Woorddiens
Gebed; Sing: Psalm 43:3,4; Skriflesing; Prediking;
Antwoorddiens
Gebed; Kollektes; Slotsang: Skrifberyming 15-7:1,4,6; Seën;
Preekskets:
Hoe kosbaar is verhoudinge as dit lewend en kragtig is! Met hierdie tweede “EK IS” uitspraak leer ons die Here ken as die Enigste wat waarlik, die deur vir sy kudde is. Deur Hom gaan die kudde in, om Hom as die beloofde Messias, die Christus te ontmoet.
In die kraal, in sy kerk, word elke skaap bewaar en beskerm. Wie deur Hom uitgaan kry volop weiding, dit is versorging uit die verhouding waarin Hy tot jou staan. Hy ken sy skape en sy skape ken Hom.
Die verhouding word op verskillende maniere beskryf, soos Hy roep sy skape op hulle naam en lei hulle uit. Hulle ken sy stem en hulle volg Hom! Hy, anders as die diewe en rowers (wat net wil steel en slag en uitroei), het gekom om aan sy kudde lewe te gee en dit in oorvloed.
Vir ons:
- Moenie ‘n vreemde vertrou en na hom luister nie, hulle is diewe en rowers, PASOP! Volg die Herder Wie se stem jy ken.
- Hy gee lewe, ware lewe, die ewige lewe, lewe in oorvloed.
Leef voluit, die HERE gee lewe in oorvloed!
