God se oordeel oor volharding in sonde is om die mens oor te gee aan die begeertes van sy hart.

Skrifgedeelte:


Romeine 1: 18 – 32 (2020) (fokus op 24 – 32)
Fokusverse: Romeine 1: 24
Kategismus: Sondag 3: V&A 6, 7 en 8

Liturgie:

Ontmoetingsdiens
Intreelied: Lied 151: 1, en 2; Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 147-1-1: 1, 2 en 3 (Tweede Melodie); Geloofsbelydenis;

Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Sondag 34: V&A 92, 93 en 94; Verootmoedigingslied: Psalm 38-1: 1, 8 en 17 (Tweede Melodie van 2001 omdigting);

Woorddiens
Gebed; Skriflesing; Prediking;

Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: Psalm 18-1: 1, 2, en 14 (Tweede Melodie); Uitstuurseën. (Amen – SB 13-3)

Preekskets:

In hierdie derde preek uit Romeine 1 sien ons die ernstige gevolge van die mens se volharding in sonde. Wanneer die mens God ken maar Hom steeds verwerp, openbaar God sy oordeel op ’n skokkende manier: Hy gee die mens oor aan sy eie sondige begeertes.

Hierdie “oorgee” beteken dat God sy terughoudende genade onttrek en die mens laat voortgaan op sy eie pad. Die gevolg is ’n afwaartse spiraal van sonde en onreinheid, na verdraaide begeertes, tot ’n totaal verdorwe lewe. Selfs die mens se denke raak korrup, en sonde word nie net gedoen nie, maar ook goedgepraat.

Hierdie gedeelte bevestig wat die Kategismus in Sondag 3 leer: dat die mens van nature heeltemal verdorwe is en geneig tot alle kwaad. Sonder God se ingryping beweeg die mens nie nader na Hom toe nie, maar al verder van Hom af weg.

Tog is hierdie waarskuwing ook genade. Dit wys vir ons hoe dringend ons verlossing nodig het. Die donkerte van hierdie gedeelte berei die weg voor vir die lig van die evangelie wat later in Romeine helder sal skyn.

Video Opname:

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.