Bely jou sonde voor God, want slegs Hy kan jou daarvan bevry.

Preekskets:

Deel van ons voorbereiding vir Nagmaal is om na te dink oor ons sonde en verlorenheid. Dit beteken ek dink opreg na oor wat die Here van my verwag en sien in myself al die gebrekkigheid.

Hierdie besef kom nie sommer net by onsself op nie.  Dit is deur die Here se beskikking dat ons verstaan ons is verlore sonder Hom, en daarom het ons ’n Verlosser nodig. Dit is wat Nagmaal so “mooi” maak. Want deur my selfondersoek en besef van my tekortkominge, raak my besef van die Here se genade soveel groter.

Hierdie besef roep my dan op om die dinge in my lewe wat skeiding tussen my en die Here bring, te verwyder. Soos die bekeerlinge in Efese hulle boekrolle oor toorkuns gaan verbrand het, so moet ek ook daardie dinge wat tussen my en die Here staan uit my lewe uitskuif.

Die gevolg van daadwerklike selfondersoek, en konkrete optrede om ontslae te raak van die sonde in jou lewe, dra by tot groei in jou verhouding met die Here en jou geloof.

So as jy sukkel om te groei in jou geloofslewe… vra vir die Here om vir jou te wys wat die “boekrolle” is wat jy in jou lewe moet verbrand… en doen dit dan…

Video Opname:

Mei 18, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.