Ons verlossing berus op God se barmhartigheid.

Preekskets:

Na ’n deeglike besef van ons ellende, is ons verlange na verlossing van nature soveel groter. Maar die “menslike” vraag is altyd: “Wat kan ek bydra tot my verlossing?”

Is dit vir my enigsins moontlik om my eie verlossing te bewerk? Het ek geen aandeel daarin nie? As dit nie moontlik is nie, wie gaan dit dan doen? Kan iemand anders…, ’n ander mens…, ’n ander skepsel…?

Hoe sal my verlosser dan moet “lyk”?

Wie sal dan my verlosser moet “wees”?

Paulus wys mooi in Romeine vir ons dat dit God is wat ons verlos. Ons verlossing berus 100% op God se barmhartigheid, en Hy doen dit in Christus. Daarom is geloof in Christus so belangrik.

Video Opname:

Augustus 20, 2023

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?