Ons verlossing berus op God se barmhartigheid.

Preekskets:

Na ’n deeglike besef van ons ellende, is ons verlange na verlossing van nature soveel groter. Maar die “menslike” vraag is altyd: “Wat kan ek bydra tot my verlossing?”

Is dit vir my enigsins moontlik om my eie verlossing te bewerk? Het ek geen aandeel daarin nie? As dit nie moontlik is nie, wie gaan dit dan doen? Kan iemand anders…, ’n ander mens…, ’n ander skepsel…?

Hoe sal my verlosser dan moet “lyk”?

Wie sal dan my verlosser moet “wees”?

Paulus wys mooi in Romeine vir ons dat dit God is wat ons verlos. Ons verlossing berus 100% op God se barmhartigheid, en Hy doen dit in Christus. Daarom is geloof in Christus so belangrik.

Video Opname:

Augustus 20, 2023

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.