Preekskets:
Wat is die doel van wondertekens, veral so groot wonder soos ’n leë graf?
Jesus se wonderwerke, en veral die besondere wonder van sy opstanding uit die dood het ’n spesifieke uitwerking gehad… GELOOF!
Want deur geloof kom lewe. Deur geloof word die Vader verheerlik. Deur geloof kry ons deel aan die verdienste van Christus. Geloof is die sleutel wat die vrede van Christus vir jou oopsluit.
Hoe besonders bevoorreg was diegene nie wat wat Jesus na sy opstanding gesien het, en kon glo?! En tog sê Jesus: “Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.” Meer letterlik… GESEËND is hulle wat nie gesien het nie, en tog glo.
Om die leë graf met jou eie oë te kon sien sou sekerlik ’n besondere voorreg gewees het, maar hierdie getuienis aangaande Christus was juis vir ons opgeteken sodat ons geseënd kan wees vanweë ons geloof, self al sien ons nie.