Geseënd is die wat glo Jesus is die Christus en die Seun van God.

Preekskets:

Wat is die doel van wondertekens, veral so groot wonder soos ’n leë graf?

Jesus se wonderwerke, en veral die besondere wonder van sy opstanding uit die dood het ’n spesifieke uitwerking gehad… GELOOF!

Want deur geloof kom lewe. Deur geloof word die Vader verheerlik. Deur geloof kry ons deel aan die verdienste van Christus. Geloof is die sleutel wat die vrede van Christus vir jou oopsluit.

Hoe besonders bevoorreg was diegene nie wat wat Jesus na sy opstanding gesien het, en kon glo?! En tog sê Jesus: “Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.” Meer letterlik… GESEËND is hulle wat nie gesien het nie, en tog glo.

Om die leë graf met jou eie oë te kon sien sou sekerlik ’n besondere voorreg gewees het, maar hierdie getuienis aangaande Christus was juis vir ons opgeteken sodat ons geseënd kan wees vanweë ons geloof, self al sien ons nie.

Video Opname:

Maart 31, 2024

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.