Glo in die Lig, sodat julle mense van die Lig kan wees! Christus is die Lig vir die wêreld.

Preekskets:

Toe Christus se tyd van verheerliking aangebreek het, was sy gebed kort en kragtig: “Vader verheerlik U Naam!” Hy was die Lig wat na die wêreld gekom het om die pad na die Vader te verlig.

Sy verheerliking was nie soos wêreldse mense verwag het, ’n “troon bestyging” in die aardse sin van die woord nie, maar Hy moes wel “verhoog” word.

Verhoog in die sin daarvan soos die slang eens in die woestyn op ’n paal verhoog was tot redding van Israel, maar in besonder verhoog tot sy regmatige plek aan die regterhand van die Vader. ’n Troon bestyging op ’n heel hoër vlak.

Sy kruisiging was deel van sy verhoging en verheerliking. Vir ons, tot redding! Die kruis skyn as simbool van die versoening wat Hy om ons ontwil gedoen het, sodat sy Vader daardeur verheerlik kan word. Glo daarom in Hom, jou Lig, sodat jy ’n mens van die Lig kan wees!

Video Opname:

Maart 29, 2024

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?