Glo in die Lig, sodat julle mense van die Lig kan wees! Christus is die Lig vir die wêreld.

Preekskets:

Toe Christus se tyd van verheerliking aangebreek het, was sy gebed kort en kragtig: “Vader verheerlik U Naam!” Hy was die Lig wat na die wêreld gekom het om die pad na die Vader te verlig.

Sy verheerliking was nie soos wêreldse mense verwag het, ’n “troon bestyging” in die aardse sin van die woord nie, maar Hy moes wel “verhoog” word.

Verhoog in die sin daarvan soos die slang eens in die woestyn op ’n paal verhoog was tot redding van Israel, maar in besonder verhoog tot sy regmatige plek aan die regterhand van die Vader. ’n Troon bestyging op ’n heel hoër vlak.

Sy kruisiging was deel van sy verhoging en verheerliking. Vir ons, tot redding! Die kruis skyn as simbool van die versoening wat Hy om ons ontwil gedoen het, sodat sy Vader daardeur verheerlik kan word. Glo daarom in Hom, jou Lig, sodat jy ’n mens van die Lig kan wees!

Video Opname:

Maart 29, 2024

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.