Gehoorsaam God en verkondig Sy Boodskap met vrymoedigheid!

Preekskets:

Het iemand al ooit by jou gekom met die argument: “Dit is miskien vir jou waar, maar nie vir my nie… Ek verstaan dit anders…” Dit is ’n algemene “wanbegrip” in die wêreld waarin ons leef dat jy self kan besluit wat vir jou waar is of nie, selfs al staar die bewyse jou in die gesig.

Hierdie verhoor van Petrus en Johannes voor die Joodse raad kom op presies dieselfde argument neer. Al het die bewyse van Christus se opstanding en die genesing van die verlamde man hulle in die gesig gestaar, het hulle steeds gekies om hulle nie daaraan te steur nie, maar hulle eie waarheid te verdedig.

Petrus en Johannes het egter vas bly staan op die waarheid. Selfs in die gesig van gevaar en dreigemente het hulle nie van die waarheid afgesien nie, maar saam met hulle gelowige broers en susters tot God genader in gebed vir versterking.

Net so moet ons ook te midde ’n ongehoorsame wêreld, standvastig aan God se waarheid vas hou, en Sy Boodskap vrymoedig aanhou verkondig.

Video Opname:

Maart 10, 2024

n

Ander Preke:

God verenig sy kinders met Christus tot ‘n nuwe lewe

God verenig sy kinders met Christus tot ‘n nuwe lewe

As God se genade groter is as ons sonde, beteken dit ons kan maar aanhou sondig? Paulus antwoord met sy sterkste moontlike ontkenning: “Hoegenaamd nie!” Die rede is nie eerstens omdat sonde verkeerd is nie, maar omdat God iets ingrypend met elke gelowige gedoen het.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.