Gehoorsaam God en verkondig Sy Boodskap met vrymoedigheid!

Preekskets:

Het iemand al ooit by jou gekom met die argument: “Dit is miskien vir jou waar, maar nie vir my nie… Ek verstaan dit anders…” Dit is ’n algemene “wanbegrip” in die wêreld waarin ons leef dat jy self kan besluit wat vir jou waar is of nie, selfs al staar die bewyse jou in die gesig.

Hierdie verhoor van Petrus en Johannes voor die Joodse raad kom op presies dieselfde argument neer. Al het die bewyse van Christus se opstanding en die genesing van die verlamde man hulle in die gesig gestaar, het hulle steeds gekies om hulle nie daaraan te steur nie, maar hulle eie waarheid te verdedig.

Petrus en Johannes het egter vas bly staan op die waarheid. Selfs in die gesig van gevaar en dreigemente het hulle nie van die waarheid afgesien nie, maar saam met hulle gelowige broers en susters tot God genader in gebed vir versterking.

Net so moet ons ook te midde ’n ongehoorsame wêreld, standvastig aan God se waarheid vas hou, en Sy Boodskap vrymoedig aanhou verkondig.

Video Opname:

Maart 10, 2024

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?