Preekskets:
Om iets aan die Here te beloof en nie jou belofte na te kom nie, is geen geringe saak nie. Ook nie as iets as ’n reël reeds aan die Here behoort, en jy bring dit nie na Hom toe nie. Dit is duidelik sigbaar in hoe die Here gehandel het met Ananias en Saffira. Ons kan selfs die Here se konsekwentheid hieroor vanuit die Ou Testament sien in die boek Josua.
Die Here verwag nie iets onbillik van ons nie. Slegs dat ons voor Hom eerlik, opreg en gehoorsaam sal wees.