Die Nuwe Lewe, is om te lewe wat jy reeds in Christus gemaak is.

Preekskets:

In hierdie gedeelte raak Paulus aan die praktiese uitvoering van die nuwe lewe wat ons nou moet lewe.

In Christus is ons herskep. (Ons weet waar ons nou “sit”). Nuut gebore, nuwe mense, met ’n plek wat vir ons in die hemel gereed gemaak word. Om jou “nuwe” lewe te begin lewe, beteken jy moet die “ou” lewe agterlaat. Dit het ’n baie praktiese toepassing.

Jy is in Christus reeds nuut gemaak. Met ander woorde, die “ou” mens bestaan nie meer nie, so jy moet die “gewoontes” van die “ou” mens los. Breek met die vorige manier van lewe, en leef wat jy nou reeds gemaak is. (Begin nou “loop” op jou nuwe lewenspad).

Dit beteken… jy moet ’n kop- en hartskuif maak… En Paulus leer ons ’n baie mooi praktiese beginsel hieroor. “Los die vorige gewoonte, neem die nuwe gewoonte op, en leef dit met oorgawe uit, sodat jy uit jou oorvloed weer kan gee.”

Video Opname:

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.