Die Nuwe Lewe, is om te lewe wat jy reeds in Christus gemaak is.

Preekskets:

In hierdie gedeelte raak Paulus aan die praktiese uitvoering van die nuwe lewe wat ons nou moet lewe.

In Christus is ons herskep. (Ons weet waar ons nou “sit”). Nuut gebore, nuwe mense, met ’n plek wat vir ons in die hemel gereed gemaak word. Om jou “nuwe” lewe te begin lewe, beteken jy moet die “ou” lewe agterlaat. Dit het ’n baie praktiese toepassing.

Jy is in Christus reeds nuut gemaak. Met ander woorde, die “ou” mens bestaan nie meer nie, so jy moet die “gewoontes” van die “ou” mens los. Breek met die vorige manier van lewe, en leef wat jy nou reeds gemaak is. (Begin nou “loop” op jou nuwe lewenspad).

Dit beteken… jy moet ’n kop- en hartskuif maak… En Paulus leer ons ’n baie mooi praktiese beginsel hieroor. “Los die vorige gewoonte, neem die nuwe gewoonte op, en leef dit met oorgawe uit, sodat jy uit jou oorvloed weer kan gee.”

Video Opname:

Ander Preke:

ONTHOU JESUS CHRISTUS. GESTERF…BEGRAWE…OPGEWEK…VIR JOU!

ONTHOU JESUS CHRISTUS. GESTERF…BEGRAWE…OPGEWEK…VIR JOU!

Paulus se instellingswoorde vir die Nagmaal, is nie sy eie woorde nie, maar woorde wat Jesus aan hom en die ander apostels gegee het, met een eenvoudige opdrag: “Doen dit om My in herinnering te bring.” (…tot My gedagtenis…)