Deur die sakramente open Jesus Christus opnuut ons oë van geloof.

Preekskets:

In Lukas 24 sien ons die wonder van Christus se opstanding uit die dood. Hy was drie dae in die graf, maar is op die derde dag opgewek. ’n Aantal vroue het die leë graf gesien, ’n boodskap van Engele ontvang, en het daardie getuienis aan die ander dissipels gaan vertel.

Tog lees ons van twee dissipels wat op pad na die dorp Emmaus ’n ontmoeting met die opgestane Jesus gehad het, en vanweë hulle twyfel Hom nie dadelik herken het nie. Dit was eers nadat Jesus die Skrifte aangaande Hom vir hulle uitgelê het, en hulle die simboliek van die brood wat gebreek word gesien het, dat Jesus hulle oë van geloof opnuut
geopen het.

Mag die Here vandag wanneer ons tot sy gedagtenis deelneem aan die fees van die Nagmaal, ook ons oë van geloof opnuut so open.

Video Opname:

Februarie 26, 2023

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?