Deur die sakramente open Jesus Christus opnuut ons oë van geloof.

Preekskets:

In Lukas 24 sien ons die wonder van Christus se opstanding uit die dood. Hy was drie dae in die graf, maar is op die derde dag opgewek. ’n Aantal vroue het die leë graf gesien, ’n boodskap van Engele ontvang, en het daardie getuienis aan die ander dissipels gaan vertel.

Tog lees ons van twee dissipels wat op pad na die dorp Emmaus ’n ontmoeting met die opgestane Jesus gehad het, en vanweë hulle twyfel Hom nie dadelik herken het nie. Dit was eers nadat Jesus die Skrifte aangaande Hom vir hulle uitgelê het, en hulle die simboliek van die brood wat gebreek word gesien het, dat Jesus hulle oë van geloof opnuut
geopen het.

Mag die Here vandag wanneer ons tot sy gedagtenis deelneem aan die fees van die Nagmaal, ook ons oë van geloof opnuut so open.

Video Opname:

Februarie 26, 2023

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.