Jesus genees die verstotenes.

Preekskets:

Was jy al iewers uitgestoot gewees? Het jy al gevoel almal is teen jou?

  1. Met watter wonders begin Matteus? Matteus skrywe aan die Jode en wil hulle oortuig dat Jesus die Messias is wat gekom het om die siekes en verstotenes te red, soos die profete getuig het (Bv. Jesaja 53:4).
  2. Waarom genees Hy ‘n melaatse? ‘n Melaatse is ‘n uitgewekene. Vir die Jode was ‘n melaatse ‘n vervloekte sondaar. Jy
    vermy hom en hy mag nie naby die stad en sy mense kom nie. Vir die Jode was ‘n melaatse ‘n dooie. Jesus gee weer lewe aan hierdie veragte en verstotene terug. Hy verbind hom weer met sy gesin, sy volk en sy God. Ons was ook verstotenes, onder die toorn van God vanweë ons sondes. Jesus versoen ons weer met God en verbind ons met ‘n geloofsfamilie.
  3. Watter plek neem die genesing van die melaatse in? Jesus herstel die lewe van die verstotenes en uitgeworpenes. Miskien voel jy soos ‘n uitgestotene in die samelewing, kerk of dalk by die skool of werk. Jesus red ook die randfigure; mense wat verag word, verstoot word. Hy sien jou raak. Hy ken jou trane. Hy sê vir jou: “Ek het vir jóú gestref! Ek het jou óók lief!” Glo jy dit?

Video Opname:

Maart 5, 2023

n

Ander Preke:

Christus: Die Geestelike Water uit die Rots, vir ’n dors volk.

Christus: Die Geestelike Water uit die Rots, vir ’n dors volk.

In Eksodus 17 bring die Here sy volk volgens sy eie bevel na ’n plek sonder water. Refidim is nie ’n ongeluk nie, maar ’n goddelike ontmoeting. Israel se dors wys die toestand van hulle hart — hulle verwyt Moses en vra: “Is die HERE in ons midde of nie?” (v.7). Hierdie vraag is nie net onsekerheid nie, maar is die diepste wortel van ongeloof. Dit is om God se karakter, trou en nabyheid te bevraagteken.

Christus: Die Hemelse Brood vir ’n honger volk.

Christus: Die Hemelse Brood vir ’n honger volk.

In Eksodus 16 bring God sy volk die woestyn in – nie om hulle te straf nie, maar om hulle te leer. Die volk kla omdat hulle honger is, en dan antwoord die Here met genade: “Kyk, Ek gaan vir julle brood uit die hemel laat reën…” (v.4) So openbaar Hy Homself as die God wat voorsien, selfs wanneer sy volk mor.

Deur die water van oordeel tot lewe in Christus.

Deur die water van oordeel tot lewe in Christus.

Israel staan vasgekeer tussen die Farao se leër en die Rooi See — vasgevang tussen doodsvrees en waters van verlossing. Verblind deur vrees en twyfel kla hulle teenoor Moses en die Here, maar die Here antwoord hulle deur sy dienaar: “Moenie bang wees nie! Staan stil en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle gaan bewerk.” (v.13)