Jesus genees die verstotenes.

Preekskets:

Was jy al iewers uitgestoot gewees? Het jy al gevoel almal is teen jou?

  1. Met watter wonders begin Matteus? Matteus skrywe aan die Jode en wil hulle oortuig dat Jesus die Messias is wat gekom het om die siekes en verstotenes te red, soos die profete getuig het (Bv. Jesaja 53:4).
  2. Waarom genees Hy ‘n melaatse? ‘n Melaatse is ‘n uitgewekene. Vir die Jode was ‘n melaatse ‘n vervloekte sondaar. Jy
    vermy hom en hy mag nie naby die stad en sy mense kom nie. Vir die Jode was ‘n melaatse ‘n dooie. Jesus gee weer lewe aan hierdie veragte en verstotene terug. Hy verbind hom weer met sy gesin, sy volk en sy God. Ons was ook verstotenes, onder die toorn van God vanweë ons sondes. Jesus versoen ons weer met God en verbind ons met ‘n geloofsfamilie.
  3. Watter plek neem die genesing van die melaatse in? Jesus herstel die lewe van die verstotenes en uitgeworpenes. Miskien voel jy soos ‘n uitgestotene in die samelewing, kerk of dalk by die skool of werk. Jesus red ook die randfigure; mense wat verag word, verstoot word. Hy sien jou raak. Hy ken jou trane. Hy sê vir jou: “Ek het vir jóú gestref! Ek het jou óók lief!” Glo jy dit?

Video Opname:

Maart 5, 2023

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?