Volhard om die Here te dien soos Hy ons leer. Hy sorg vir die res.

Preekskets:

Ons het verlede Sondag geleer hoe effektief prediking, wat in die krag van die Gees gedoen word, is. Na Petrus se preek, het die Here 3000 gelowiges wat tot bekering gekom het, by die KERK (die eerste gemeente) gevoeg.

Ons bemoei ons dikwels met die logistiek van hoe ons moet “kerk” wees, en tog sien ons dat Lukas hier in Handelinge maar slegs 6 verse se beskrywing gee van hoe die eerste gemeente dit gedoen het.

Vir ons raak dit maklik ingewikkeld om ’n gemeente van 100 of 200 of selfs 300 mense te “organiseer”, en daar het die eerste gemeente vroeg al met meer as 3000 lidmate gesit wat hulle moes “organiseer”.

Handelinge leer ons: Hou dit eenvoudig! Doen wat die Here jou geleer en beveel het, en Hy sal sorg vir die res.

Video Opname:

Februarie 18, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.