Preekskets:
Ons het verlede Sondag geleer hoe effektief prediking, wat in die krag van die Gees gedoen word, is. Na Petrus se preek, het die Here 3000 gelowiges wat tot bekering gekom het, by die KERK (die eerste gemeente) gevoeg.
Ons bemoei ons dikwels met die logistiek van hoe ons moet “kerk” wees, en tog sien ons dat Lukas hier in Handelinge maar slegs 6 verse se beskrywing gee van hoe die eerste gemeente dit gedoen het.
Vir ons raak dit maklik ingewikkeld om ’n gemeente van 100 of 200 of selfs 300 mense te “organiseer”, en daar het die eerste gemeente vroeg al met meer as 3000 lidmate gesit wat hulle moes “organiseer”.
Handelinge leer ons: Hou dit eenvoudig! Doen wat die Here jou geleer en beveel het, en Hy sal sorg vir die res.