Wat sal Jesus doen?

Preekskets:

Die wêreld waarin ons leef is gebroke. Ons ervaar siekte en hartseer op soveel vlakke.

Gesels maar met iemand wat deur moeilike omstandighede gaan. Almal ervaar dit nie dieselfde nie, maar dikwels hoor mens vrae soos: “wie se skuld is dit?” of “wat het ek gedoen om dit te verdien?” “Hoekom gebeur hierdie tipe dinge?

Ons het eenvoudig nie altyd antwoorde op hierdie vrae nie. Juis daarom moet ons nie in sulke omstandighede verstrengel raak in vrae wat nie antwoorde het nie, maar eerder fokus op die vraag wat wel ’n antwoord het: “Wat sal Jesus doen?

Dit is wat ons sien in Petrus se optrede in hierdie Skrifgedeelte. Nie lang redenasies nie, maar die eenvoudige navolging van Christus. Wat sál Jesus doen…..? Ons kry ’n antwoord op hierdie vraag in Handelinge 9…

Video Opname:

Oktober 6, 2024

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?