Wat sal Jesus doen?

Preekskets:

Die wêreld waarin ons leef is gebroke. Ons ervaar siekte en hartseer op soveel vlakke.

Gesels maar met iemand wat deur moeilike omstandighede gaan. Almal ervaar dit nie dieselfde nie, maar dikwels hoor mens vrae soos: “wie se skuld is dit?” of “wat het ek gedoen om dit te verdien?” “Hoekom gebeur hierdie tipe dinge?

Ons het eenvoudig nie altyd antwoorde op hierdie vrae nie. Juis daarom moet ons nie in sulke omstandighede verstrengel raak in vrae wat nie antwoorde het nie, maar eerder fokus op die vraag wat wel ’n antwoord het: “Wat sal Jesus doen?

Dit is wat ons sien in Petrus se optrede in hierdie Skrifgedeelte. Nie lang redenasies nie, maar die eenvoudige navolging van Christus. Wat sál Jesus doen…..? Ons kry ’n antwoord op hierdie vraag in Handelinge 9…

Video Opname:

Oktober 6, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.