Die Here bepaal die pad. Ons moet dit in gehoorsaamheid stap.

Preekskets:

In Handelinge 9 leer ken ons uiteindelik vir Saulus, of soos hy later meer bekend sal wees as Paulus.

Die verhaal van sy ontmoeting met Jesus en sy bekering word baie kortliks opgeteken, alhoewel daar in verskeie ander Skrifgedeeltes meer lig daarop gewerp word.

Die Here het vir Saulus uitgekies om onder die Heidene die evangelie te gaan verkondig. Dit was die Here se plan. Saulus het egter met sy eie plan begin werk. So edel as wat sy plan was, was dit nie wat die Here se bedoeling was nie. Daarom, deur die verloop van tyd, lei die Here hom op die regte pad.

Saulus was nie ongehoorsaam in sy optrede nie. Hy was net nie heeltemal in lyn met wat die Here se bedoeling was nie. Ons beland self ook dikwels in hierdie tipe situasies. Ons bedoeling is goed… Die vraag is…. Is dit die Here se bedoeling…?

Video Opname:

September 29, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.