Die Here bepaal die pad. Ons moet dit in gehoorsaamheid stap.

Preekskets:

In Handelinge 9 leer ken ons uiteindelik vir Saulus, of soos hy later meer bekend sal wees as Paulus.

Die verhaal van sy ontmoeting met Jesus en sy bekering word baie kortliks opgeteken, alhoewel daar in verskeie ander Skrifgedeeltes meer lig daarop gewerp word.

Die Here het vir Saulus uitgekies om onder die Heidene die evangelie te gaan verkondig. Dit was die Here se plan. Saulus het egter met sy eie plan begin werk. So edel as wat sy plan was, was dit nie wat die Here se bedoeling was nie. Daarom, deur die verloop van tyd, lei die Here hom op die regte pad.

Saulus was nie ongehoorsaam in sy optrede nie. Hy was net nie heeltemal in lyn met wat die Here se bedoeling was nie. Ons beland self ook dikwels in hierdie tipe situasies. Ons bedoeling is goed… Die vraag is…. Is dit die Here se bedoeling…?

Video Opname:

September 29, 2024

n

Ander Preke:

Die wil van die Here sal geskied.

Die wil van die Here sal geskied.

Hierdie verse in Handelinge 21 wys nie net Paulus se vasberadenheid nie, maar in besonder al die gelowiges se praktiese uitleef van die inhoud van die “Onse Vader” gebed.

God verwerf, versorg, en bou sy Kerk op.

God verwerf, versorg, en bou sy Kerk op.

In Paulus se afskeidsboodskap aan die ouderlinge van Efese is daar baie emosie betrokke. Hy verseker hulle dat hulle hom nie weer sal sien nie, en druk dit op hulle harte dat hulle verantwoordelik moet voortgaan met hulle bedieningsopdrag.