God se visie is ons missie.

Preekskets:

Verlede Sondag het ons geleer om die regte vraag te vra… “Wat sal Jesus doen?”

Die antwoord op daardie vraag is… kyk na die voorbeeld wat Christus vir ons gestel het, en maak dit van toepassing op jou lewe vandag… en Bid! Bid dat die Here vir jou sal wys wat jy in jou omstandighede moet doen.

Maar wanneer ons bid en dit vir die Here vra, moet ons ook verstaan hoe om te luister wanneer Hy “antwoord”. Anders, wat is die punt? Dit is tog waarop ons wag. Die Here se antwoord op ons gebede…

In hierdie Skrifgedeelte “antwoord” die Here op die gebede van Cornelius, maar terselfdertyd ook op die van Petrus. Hy skep vir Petrus, wat ons kan noem, ’n visie vir sy missie. Die visie… “dit is waarby jy moet uitkom Petrus…” Die missie… “dit is hoe jy daar gaan uitkom Petrus…” Die Here “berei Petrus voor” vir hierdie visie… dan “verlig” Hy dit vir hom, en dan “bevestig” Hy dit vir hom.

Video Opname:

Oktober 13, 2024

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?