God se belofte is bedoel vir almal wat Hy na Hom toe roep.

Preekskets:

Handelinge 2 is so bekende Skrifgedeelte. Wondertekens van tonge van vuur. ’n Geluid uit die hemel soos ’n kragtige stormwind. Mense wat in tale praat wat hulle voorheen nie geken het nie. Verwarring, en tog ook verwondering!

Wat sal dit vir jou beteken vandag as die Here iets so besonders en skouspelagtig laat gebeur? Dink maar aan sy wederkoms waarop ons wag! Sal jy ook verstom of verward wees? Hoe sal jy dit verklaar en verstaan?

Die antwoord is: Presies soos Petrus dit gedoen het. “Vanuit die Woord van God.”

Die mense daar was nie gelos in hulle verwardheid en verwondering nie. Petrus gee ’n toespraak (’n preek) waarin hy presies verduidelik wat gebeur het, en hoekom dit gebeur het. Dit is ’n belofte van God wat in vervulling kom, en dit is bedoel vir almal wat Hy na Hom toe roep.

Video Opname:

Februarie 11, 2024

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….