Volhard met die suiwer evangelie. Dit dra die oorwinningskrans van geregtigheid.

Preekskets:

Paulus en Timoteus het ’n besondere band gehad. Timoteus was vir Paulus soos ’n seun in die geloof. As mede stryder vir die evangelie het Paulus vir Timoteus bygestaan en hom onderrig. Mens kan sê, Paulus was vir Timoteus ’n mentor gewees.

Reg aan die begin van Paulus se eerste brief aan Timoteus sê hy vir hom om in Efese te bly en daardie dinge klaar te maak wat hulle begin het. Hy moet stry teen valse leer en die evangelie bedien. Hier aan die einde van sy tweede brief is dit steeds die motief van Paulus se brief. “Beoefen jou bediening voluit.”

Soveel as wat hierdie ’n persoonlike brief was, geld die inhoud vir alle gelowiges vandag nog. “Bly nugter… verduur jou leiding… doen jou werk… beoefen jou bediening voluit…

…want dit dra die oorwinningskrans van geregtigheid as beloning.

Video Opname:

Januarie 12, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.