Volhard met die suiwer evangelie. Dit dra die oorwinningskrans van geregtigheid.

Preekskets:

Paulus en Timoteus het ’n besondere band gehad. Timoteus was vir Paulus soos ’n seun in die geloof. As mede stryder vir die evangelie het Paulus vir Timoteus bygestaan en hom onderrig. Mens kan sê, Paulus was vir Timoteus ’n mentor gewees.

Reg aan die begin van Paulus se eerste brief aan Timoteus sê hy vir hom om in Efese te bly en daardie dinge klaar te maak wat hulle begin het. Hy moet stry teen valse leer en die evangelie bedien. Hier aan die einde van sy tweede brief is dit steeds die motief van Paulus se brief. “Beoefen jou bediening voluit.”

Soveel as wat hierdie ’n persoonlike brief was, geld die inhoud vir alle gelowiges vandag nog. “Bly nugter… verduur jou leiding… doen jou werk… beoefen jou bediening voluit…

…want dit dra die oorwinningskrans van geregtigheid as beloning.

Video Opname:

Januarie 12, 2025

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….