PRYS DIE HERE VIR WIE HY IS EN ALLES WAT HY DOEN.

Preekskets:

Verlede Sondag het ons uit Psalm 37 geleer by Dawid dat ons ons vreugde in die Here moet vind.

Om jou vreugde in enigiets te kan vind, moet jy die Here toelaat om jou denke te vernuwe, om jou denke te verskuif van die negatiewe na die positiewe. Met ander woorde: Hou op fokus op die probleme of die verlede, en sien die mooi in die lewe raak. Sien raak wat die Here vir jou doen en vir jou gee. As jy eers die mooi van God se skepping raaksien en inneem, en besef dat Hy dit alles vir jou gegee het, jou as’t ware as ʼn koning daaroor aangestel het, sal dit jou opnuut aanvuur om Hom daarvoor te loof soos Dawid dit in Psalm 8 doen.

Dan sal jy jou vreugde in die Here vind.

Video Opname:

Julie 17, 2022

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?