PRYS DIE HERE VIR WIE HY IS EN ALLES WAT HY DOEN.

Preekskets:

Verlede Sondag het ons uit Psalm 37 geleer by Dawid dat ons ons vreugde in die Here moet vind.

Om jou vreugde in enigiets te kan vind, moet jy die Here toelaat om jou denke te vernuwe, om jou denke te verskuif van die negatiewe na die positiewe. Met ander woorde: Hou op fokus op die probleme of die verlede, en sien die mooi in die lewe raak. Sien raak wat die Here vir jou doen en vir jou gee. As jy eers die mooi van God se skepping raaksien en inneem, en besef dat Hy dit alles vir jou gegee het, jou as’t ware as ʼn koning daaroor aangestel het, sal dit jou opnuut aanvuur om Hom daarvoor te loof soos Dawid dit in Psalm 8 doen.

Dan sal jy jou vreugde in die Here vind.

Video Opname:

Julie 17, 2022

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.