VAN OOS NA WES IS DIE NAAM VAN DIE HERE GROOT.

Preekskets:

Maleagi (boodskapper), is die laaste profeet in die Ou Testament en tree op na die ballingskap periode. Wanneer hy verkondig dat die Naam van die HERE groot is onder die nasies (heidene), wys hy op ‘n verrassende aspek van die openbaring van die HERE. Dit is dat die HERE nie beperk is tot ‘n sekere volk of gebied in sy skepping nie. Glo ons dit en is dit ons vaste oortuiging?

Video Opname:

Oktober 9, 2022

n

Ander Preke:

Christus: Die Geestelike Water uit die Rots, vir ’n dors volk.

Christus: Die Geestelike Water uit die Rots, vir ’n dors volk.

In Eksodus 17 bring die Here sy volk volgens sy eie bevel na ’n plek sonder water. Refidim is nie ’n ongeluk nie, maar ’n goddelike ontmoeting. Israel se dors wys die toestand van hulle hart — hulle verwyt Moses en vra: “Is die HERE in ons midde of nie?” (v.7). Hierdie vraag is nie net onsekerheid nie, maar is die diepste wortel van ongeloof. Dit is om God se karakter, trou en nabyheid te bevraagteken.

Christus: Die Hemelse Brood vir ’n honger volk.

Christus: Die Hemelse Brood vir ’n honger volk.

In Eksodus 16 bring God sy volk die woestyn in – nie om hulle te straf nie, maar om hulle te leer. Die volk kla omdat hulle honger is, en dan antwoord die Here met genade: “Kyk, Ek gaan vir julle brood uit die hemel laat reën…” (v.4) So openbaar Hy Homself as die God wat voorsien, selfs wanneer sy volk mor.

Deur die water van oordeel tot lewe in Christus.

Deur die water van oordeel tot lewe in Christus.

Israel staan vasgekeer tussen die Farao se leër en die Rooi See — vasgevang tussen doodsvrees en waters van verlossing. Verblind deur vrees en twyfel kla hulle teenoor Moses en die Here, maar die Here antwoord hulle deur sy dienaar: “Moenie bang wees nie! Staan stil en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle gaan bewerk.” (v.13)