Lewe deur geloof! Dit is waartoe God jou roep in ’n stukkende wêreld.

Preekskets:

Wat verwag God van ons in 2022?

In die Ou Testament was daar tasbare en sigbare dinge soos offers vir reiniging, bloedvergieting, reukwerk, voorskrifte aangaande kos en seremonies. Alles dinge wat simboliek dra om ons iets te leer aangaande hoe God gedien wil word. Maar waaroor gaan dit alles werklik? Wat verwag God dan in vandag se dae van my? Wil dominee dit nie asseblief vir ons in ’n preek verduidelik nie? Want ek is moeg en raadop en die lewe maak my klaar…

Kom ons kyk hoe die Here dit self verduidelik in Hebreërs. Dit is ’n preek, met die hele Ou Testament as agtergrond…

Video Opname:

Oktober 16, 2022

n

Ander Preke:

VERVOLGING, LYDING – WAT IS DIE SIN?

VERVOLGING, LYDING – WAT IS DIE SIN?

Vervolging en lyding toets jou geloof, veral omdat ek as mens dikwels nie enige sin kan uitmaak nie. Hieruit word die “waarom” en “hoekom” vrae gebore. Die agtergrond van die psalm kry ons in 1 Samuel 27:10. Daarin word vertel van Dawid as gevangene in Gat van die Filistyne. Dit was ‘n uitdagende tyd in sy lewe. Die toekoms was eintlik so winkend. Hy het Goliat verslaan en almal het kennis geneem van sy vertroue in God.

Pinkster en die gelowige se stryd vandag

Pinkster en die gelowige se stryd vandag

Die belofte is vervul en die Heilige Gees het gekom met duidelike tekens wat almal verstom het. Wat het die gebeure vir ons te sê in hierdie eeu? Ons kan baie sê oor die gawes wat die Heilige Gees oor ons uitgestort het! Maar wat van God se oordeel?