GOD IS HEILIG, EN MOET AS HEILIG ERKEN EN GEËER WORD.

Preekskets:

Verlede Sondag het ons uit Levitikus 16 geleer van die groot versoendag. Daardie dag waarop twee bokke uitgesonder word, een as sondebok “belaai” met die volk se sonde die woestyn ingestuur word ter wille van hulle versoening, en die ander een ter wille van hulle reiniging geoffer word.

Daar is baie simboliek in hierdie seremonie. As deel van hierdie seremonie moes Aäron sekere rituele nakom. Onder andere die wierookoffer wat op ’n sekere manier gedoen moes word. Spesifieke “vuur” en kole wat ook daarvoor gebruik moes word.

Vandag kyk ons vanuit Levitikus 10 na die belangrikheid daarvan dat Aäron dit op ’n baie spesifieke manier moes doen. Die Here aanvaar slegs aanbidding wat gedoen word soos Hy dit verwag. Ongeoorloofde vuur, word gestraf met heilige vuur.

Video Opname:

Oktober 2, 2022

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.