Preekskets:
In die derde preek in ons reeks uit Efesiërs, sien ons hoe Paulus die “harde” realiteit van ons toestand voor God, in woorde uitdruk. Eers wat ons in die verlede was, en dan wie ons nou in die hede is. Voorheen bestem vir die dood, maar nou in Christus herskep tot lewe.
Maar dit alles draai om ’n krities belangrike spits.
Sy liefde. Dit is, die genade wat Hy aan ons bewys, en die geloof wat Hy aan ons skenk, op grond van sy GROOT liefde.