In Christus – een nuwe mensheid.

Preekskets:

In die vierde preek uit ons Efesiërs reeks leer ons dat God alle skeiding verwyder het. (Dink terug aan laasweek se drie definisies van die dood – skeiding of verwydering van God.) Alles wat ons as mense van mekaar geskei het, sowel as alles wat ons van Hom geskei het, het Hy weggeneem.

Ons is as een nuwe mensheid herskep, en word verenig in een liggaam onder Christus. Daar is geen onderskeid meer tussen mense nie. Die “mure” en “grense” wat vantevore bestaan het, die “ou tempel kompleks”, is reeds afgebreek.

Nou is God, in Christus, besig om ons op te bou tot ’n “nuwe heilige tempel”, die woonplek van God deur die Gees. Die een liggaam wat net een Hoof het – sy KERK.

Dit roep ons op om ernstig te besin oor ons “eksklusiwiteit”. Watter grense rig ons nog op, wat God lankal reeds deur sy Seun se versoeningsoffer laat verwyder het?

Video Opname:

April 30, 2023

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.