In Christus – een nuwe mensheid.

Preekskets:

In die vierde preek uit ons Efesiërs reeks leer ons dat God alle skeiding verwyder het. (Dink terug aan laasweek se drie definisies van die dood – skeiding of verwydering van God.) Alles wat ons as mense van mekaar geskei het, sowel as alles wat ons van Hom geskei het, het Hy weggeneem.

Ons is as een nuwe mensheid herskep, en word verenig in een liggaam onder Christus. Daar is geen onderskeid meer tussen mense nie. Die “mure” en “grense” wat vantevore bestaan het, die “ou tempel kompleks”, is reeds afgebreek.

Nou is God, in Christus, besig om ons op te bou tot ’n “nuwe heilige tempel”, die woonplek van God deur die Gees. Die een liggaam wat net een Hoof het – sy KERK.

Dit roep ons op om ernstig te besin oor ons “eksklusiwiteit”. Watter grense rig ons nog op, wat God lankal reeds deur sy Seun se versoeningsoffer laat verwyder het?

Video Opname:

April 30, 2023

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….