Geloof, hoop en liefde. Dit is die basis waarop God sy Kerk in Christus bou.

Preekskets:

Paulus volg sy inleidende lof aan God op met ’n gebed.

’n Gebed om geestelike wysheid. Die basis van geestelike wysheid is kennis van God en die hoop wat ons het op grond van sy uitverkiesende genade. ’n Kennis van God wat geloof, hoop en liefde in Christus tot gevolg het, op grond van sy reddende genade. ’n Wete dat sy Heilige Gees ons waarborg, is van die heerlike erfenis wat Christus vir ons verdien het. Die wete dat ons deel van sy liggaam, sy Kerk is.

Dit is ’n gebed om God te loof omdat Hy Christus aangestel het as die Hoof en Verlosser van sy Kerk.

Video Opname:

April 16, 2023

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….