GOD SORG, SODAT SELFS DIE UITSIGLOSE MOED KAN SKEP

Preekskets:

Ons teksvers is die woorde van die Engel van God aan Hagar, terwyl haar seun besig was om van dors te sterwe. Krisisoomblikke, emosioneel en magteloos. Skielik stel jy ‘n beeld voor van
– ‘n sterwende kind
– ‘n magtelose, huilende ma
– en ‘n ontfermende God.

Met ‘n Jeugdag as vakansiedag, kan ons vanuit ‘n Bybelse perspektief delf om God se goud in ons jeug te ontgin. Daarmee saam, moet die lig val op die verantwoordelikhede en uitdagings van ouers en volwassenes ten opsigte van ons jeug. Die insig kan alleen volledig wees wanneer ons met geloofsoë raaksien hoe God die Here ons in ons swakheid ondersteun en bekwaam maak om Hom te eer.

Die eer kom Hom toe, omdat Hy in Christus self Kind geword het. Hy het nie alleen sy verlossingsplan vir sy kinders vervul nie, maar roep ons om vanuit die verlossing in hoop en liefde te lewe. Weet dat Hy altyd sy woord gestand doen en met ons is.

Video Opname:

Junie 18, 2023

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.