Die doop. ’n Teken en seël van my redding in Christus.

Preekskets:

Hoekom doop ons nog die klein kindertjies? Is dit nie ’n keuse wat hulle self behoort te maak nie?

Dit is die vraag waarmee mens telkens gepeper word in die wêreld daarbuite. En meer net as vrae… volg daar dikwels ’n gerol van oë en ander ongewenste kommentaar as mens oor die saak van doop begin praat.

1 Petrus 3 gee ons opnuut perspektief op die simboliek van die doop. Ons doen dit nie uit gewoonte nie. Ons doen dit ook nie omdat ons dink daar is enige bo-natuurlike krag in die water nie. Ons doop ons kinders, want ons leef biddend in gehoorsaamheid voor God. Ons fokus is nie op onsself wanneer ons doop nie, maar op Christus.

Om jou kind te laat doop, is om tot God te bid en te vra dat Hy deur sy Gees ook so in jou kind se hart en verstand sal werk, dat hy of sy sal begryp wat Christus vir hom of haar verdien het. Sodat hulle uiteindelik tot geloof sal kom in God Drie-enig, en sal deel in die heerlike verdienste van Christus.

Die doop is ’n Teken en ’n Seël van elkeen wat sal glo, se redding in Christus.

Video Opname:

Julie 14, 2024

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.