Die doop. ’n Teken en seël van my redding in Christus.

Preekskets:

Hoekom doop ons nog die klein kindertjies? Is dit nie ’n keuse wat hulle self behoort te maak nie?

Dit is die vraag waarmee mens telkens gepeper word in die wêreld daarbuite. En meer net as vrae… volg daar dikwels ’n gerol van oë en ander ongewenste kommentaar as mens oor die saak van doop begin praat.

1 Petrus 3 gee ons opnuut perspektief op die simboliek van die doop. Ons doen dit nie uit gewoonte nie. Ons doen dit ook nie omdat ons dink daar is enige bo-natuurlike krag in die water nie. Ons doop ons kinders, want ons leef biddend in gehoorsaamheid voor God. Ons fokus is nie op onsself wanneer ons doop nie, maar op Christus.

Om jou kind te laat doop, is om tot God te bid en te vra dat Hy deur sy Gees ook so in jou kind se hart en verstand sal werk, dat hy of sy sal begryp wat Christus vir hom of haar verdien het. Sodat hulle uiteindelik tot geloof sal kom in God Drie-enig, en sal deel in die heerlike verdienste van Christus.

Die doop is ’n Teken en ’n Seël van elkeen wat sal glo, se redding in Christus.

Video Opname:

Julie 14, 2024

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?