Staan op! Hou aan! Die Here bevestig sy genade deur die dinge wat Hy met ons en deur ons doen.

Preekskets:

Soms loop dinge skeef…. al doen jy die regte ding…. Of so voel dit vir ons….

Ons sit dikwels in ’n situasie waar dit lyk of ons goeie intensies soos water van ’n eend se rug afloop. Bv.: Jy probeer iemand help, maar dit blaas in jou gesig op.

Dit moes seker op ’n stadium vir Paulus en Barnabas ook so gevoel het. Elke keer as hulle iets goeds en volgens God se wil doen, lok dit ’n negatiewe reaksie uit.

Die vraag is: Hoe reageer jy op dit? Bly lê jy in sak en as, of staan jy op en stap terug in die stad in en sit die goeie werk voort?

Aan die einde van die dag kon hierdie twee apostels gaan getuig voor hulle stuurende gemeente dat God wonderlike dinge met hulle gedoen het. Dit gaan nie oor hulle ontberings nie, ook nie oor hulleself nie, maar oor die wonderlike wyse waarop God vir die heidene ’n deur tot die geloof oopgemaak het.

Sien jy ook so God se genadige hand raak in wat Hy met jou doen? Nie noodwendig “vir” jou nie…. maar “met” jou vir ander.

Video Opname:

Desember 8, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.