Die Here is jou beskermer, van nou af en vir altyd.

Preekskets:

Hierdie Psalm se eerste twee verse is vir ons baie bekend. Dit is ’n belydenis… die “Votum” wat ons so te sê elke Sondag aan die begin van die erediens hoor. “Ek kyk op na die berge: Waar sal my hulp vandaan kom? 2My hulp is van die Here, wat hemel en aarde gemaak het.”

Dit begin met ’n vraag wat so half in benoudheid gevra word, maar dan in vertroue self geantwoord word. Ja, my hulp is van die Here! Die konteks van hierdie Psalm is natuurlik die van Israeliete wat op reis is, op pad na en terug huis toe vanaf Jerusalem, waar hulle die Here vir die gebruiklike feeste gaan aanbid het.

As ons dink aan hierdie tyd van die jaar waar soveel mense op die pad is, op pad na vakansie of terug huis toe, is dit sekerlik ook relevant vir ons lewens. Ook ons pak die pad aan in die besef dat ons dalk met gevare gekonfronteer kan word. Maar dit gaan nie net oor hierdie lewe terwyl ons hier reis nie. Hierdie Psalm spreek ook van ons vertroue in die Here as ons beskermer in hierdie lewe en die lewe hierna, tot in ewigheid.

Die Here is ons beskermer, van nou af en vir altyd.

Video Opname:

Desember 15, 2024

n

Ander Preke:

VERVOLGING, LYDING – WAT IS DIE SIN?

VERVOLGING, LYDING – WAT IS DIE SIN?

Vervolging en lyding toets jou geloof, veral omdat ek as mens dikwels nie enige sin kan uitmaak nie. Hieruit word die “waarom” en “hoekom” vrae gebore. Die agtergrond van die psalm kry ons in 1 Samuel 27:10. Daarin word vertel van Dawid as gevangene in Gat van die Filistyne. Dit was ‘n uitdagende tyd in sy lewe. Die toekoms was eintlik so winkend. Hy het Goliat verslaan en almal het kennis geneem van sy vertroue in God.

Pinkster en die gelowige se stryd vandag

Pinkster en die gelowige se stryd vandag

Die belofte is vervul en die Heilige Gees het gekom met duidelike tekens wat almal verstom het. Wat het die gebeure vir ons te sê in hierdie eeu? Ons kan baie sê oor die gawes wat die Heilige Gees oor ons uitgestort het! Maar wat van God se oordeel?