Die Here is jou beskermer, van nou af en vir altyd.

Preekskets:

Hierdie Psalm se eerste twee verse is vir ons baie bekend. Dit is ’n belydenis… die “Votum” wat ons so te sê elke Sondag aan die begin van die erediens hoor. “Ek kyk op na die berge: Waar sal my hulp vandaan kom? 2My hulp is van die Here, wat hemel en aarde gemaak het.”

Dit begin met ’n vraag wat so half in benoudheid gevra word, maar dan in vertroue self geantwoord word. Ja, my hulp is van die Here! Die konteks van hierdie Psalm is natuurlik die van Israeliete wat op reis is, op pad na en terug huis toe vanaf Jerusalem, waar hulle die Here vir die gebruiklike feeste gaan aanbid het.

As ons dink aan hierdie tyd van die jaar waar soveel mense op die pad is, op pad na vakansie of terug huis toe, is dit sekerlik ook relevant vir ons lewens. Ook ons pak die pad aan in die besef dat ons dalk met gevare gekonfronteer kan word. Maar dit gaan nie net oor hierdie lewe terwyl ons hier reis nie. Hierdie Psalm spreek ook van ons vertroue in die Here as ons beskermer in hierdie lewe en die lewe hierna, tot in ewigheid.

Die Here is ons beskermer, van nou af en vir altyd.

Video Opname:

Desember 15, 2024

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?