God stuur sy evangelie tot aan die uiteindes van die aarde, sodat elkeen wat vir die ewige lewe bestem is gelowig kan word.

Preekskets:

Paulus gee in sy “eerste opgetekende” toespraak ’n kort en bondige opsomming van Israel se geskiedenis, en beklemtoon die feit dat God hulle as ’n volk vir Hom uitgekies het… met ’n doel… sodat Jesus as Verlosser uit hulle gebore sou word.

Maar omdat hulle nie die evangelie wil aanvaar en glo nie, stuur God dit nou na die heidennasies toe.

Nie asof dit ooit anders sou gewees het nie…. Inteendeel, as deel van sy toespraak lig Paulus dit uit dat al hierdie gebeure juis vervulling van die profesieë aangaande Jesus Christus is. Dit is en bly altyd God wat in beheer is van sy raadsplan. Die goeie nuus was nog altyd bedoel vir die ganse skepping.

God het van ewigheid af vir Hom ’n volk uitgekies en bestem vir die ewige lewe. Die Jode se miskonsepsie was dat “hierdie volk” uitsluitlik uit Jode sou bestaan.

Die stof wat Paulus en Barnabas van hulle voete afskud staan as getuienis teen die ongelowiges, maar terselfdertyd as bewys dat God sy evangelie nie deur enigiets sal laat stuit nie, maar dit tot die uiteindes van die aarde sal stuur sodat elkeen wat bestem is vir die ewige lewe tot geloof kan kom.

Video Opname:

Desember 1, 2024

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….