God stuur sy evangelie tot aan die uiteindes van die aarde, sodat elkeen wat vir die ewige lewe bestem is gelowig kan word.

Preekskets:

Paulus gee in sy “eerste opgetekende” toespraak ’n kort en bondige opsomming van Israel se geskiedenis, en beklemtoon die feit dat God hulle as ’n volk vir Hom uitgekies het… met ’n doel… sodat Jesus as Verlosser uit hulle gebore sou word.

Maar omdat hulle nie die evangelie wil aanvaar en glo nie, stuur God dit nou na die heidennasies toe.

Nie asof dit ooit anders sou gewees het nie…. Inteendeel, as deel van sy toespraak lig Paulus dit uit dat al hierdie gebeure juis vervulling van die profesieë aangaande Jesus Christus is. Dit is en bly altyd God wat in beheer is van sy raadsplan. Die goeie nuus was nog altyd bedoel vir die ganse skepping.

God het van ewigheid af vir Hom ’n volk uitgekies en bestem vir die ewige lewe. Die Jode se miskonsepsie was dat “hierdie volk” uitsluitlik uit Jode sou bestaan.

Die stof wat Paulus en Barnabas van hulle voete afskud staan as getuienis teen die ongelowiges, maar terselfdertyd as bewys dat God sy evangelie nie deur enigiets sal laat stuit nie, maar dit tot die uiteindes van die aarde sal stuur sodat elkeen wat bestem is vir die ewige lewe tot geloof kan kom.

Video Opname:

Desember 1, 2024

n

Ander Preke:

VERVOLGING, LYDING – WAT IS DIE SIN?

VERVOLGING, LYDING – WAT IS DIE SIN?

Vervolging en lyding toets jou geloof, veral omdat ek as mens dikwels nie enige sin kan uitmaak nie. Hieruit word die “waarom” en “hoekom” vrae gebore. Die agtergrond van die psalm kry ons in 1 Samuel 27:10. Daarin word vertel van Dawid as gevangene in Gat van die Filistyne. Dit was ‘n uitdagende tyd in sy lewe. Die toekoms was eintlik so winkend. Hy het Goliat verslaan en almal het kennis geneem van sy vertroue in God.

Pinkster en die gelowige se stryd vandag

Pinkster en die gelowige se stryd vandag

Die belofte is vervul en die Heilige Gees het gekom met duidelike tekens wat almal verstom het. Wat het die gebeure vir ons te sê in hierdie eeu? Ons kan baie sê oor die gawes wat die Heilige Gees oor ons uitgestort het! Maar wat van God se oordeel?