SOEK EERS DIE KONINKRYK!

Preekskets:

Ons moet eers die koninkryk van God en sy geregtigheid soek. Ons moet dit VOOR alles, BO alles en IN alles soek.

Wat is die koninkryk van God dan?
God se koninkryk vertel van ‘n Koning, ‘n ryk en onderdane. Sy ryk is meer as net ons verlossing in Christus. Sy ryk gaan oor alles en almal. Sy ryk het reeds gekom en tog is die volheid van sy ryk nog nie sigbaar nie.

Die Koning van die ryk is Jesus Christus en Hy regeer ons deur sy Woord en Gees. Elke ware gelowige vra nou voor alles, bo alles en in alles na die Here se eer en sy wil. Dit gaan ten diepste vir jou oor wie die Here is en wat Hy wil hê. Dit vra jy vanuit jou liefdesverhouding met die Here.

Waar begin jy soek na die koninkryk van God?
Jy soek na die regte verhouding met die Here. Hy is die Koning van jou lewe. Daarom soek jy sy wil en belange heel eerste. Christus Jesus, jou Verlosser, is die sentrum van jou ganse bestaan. Hy is die beginpunt, lewenspunt en swaartepunt van jou bestaan. Uit Hom, deur Hom en tot Hom is alle dinge. Hy is die fokuspunt van sy koninkryk die doel van God se geregtigheid. As jy Hom mis, mis jy alles, mis jy die ware lewe.

Video Opname:

Julie 24, 2022

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.