Ds. Theunis Potgieter

Jesus genees die verstotenes.

Was jy al iewers uitgestoot gewees? Het jy al gevoel almal is teen jou? Met watter wonders begin Matteus? Waarom genees Hy ‘n melaatse? Watter plek neem die genesing van die melaatse in?

SOEK EERS DIE KONINKRYK!

Ons moet eers die koninkryk van God en sy geregtigheid soek. Ons moet dit VOOR alles, BO alles en IN alles soek. Wat is die koninkryk van God dan? Waar begin jy soek na die koninkryk van God?