Ontsag/vrees vir die Naam van die HERE en tog innige nabyheid

Preekskets:

Die psalm is geloofstaal. Die skrywer is in gebed. In die woorde van ons teks smeek hy die HERE om die middelpunt van sy bestaan, sy hart met Hom een te maak.

Die HERE is groot en gedug en sy gedagtes is nie ons gedagtes nie, net soos sy weë.
Ons kry hier twee gedagtes:
• Eerstens die besef van afstand en grootheid van God, die HERE.
• Tweedens die behoefte aan gemeenskap met God.

In hierdie gebed word ons gebring aan die voete van Jesus Christus. Hy het die afstand en die grootheid van God vir ons laat uitloop op die innige verhouding, waarin hierdie God ons Vader is. Hy is steeds in die hemel en tog so naby ons, eintlik in ons, deur die Heilige Gees wat die vrees weggeneem het en ons wys op die verlossingswerk van ons Here Jesus Christus. Nou het ons sekerheid dat die gebed van Dawid verhoor is, want my hart word deur God vasgehou.

Video Opname:

November 6, 2022

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?