Ontsag/vrees vir die Naam van die HERE en tog innige nabyheid

Preekskets:

Die psalm is geloofstaal. Die skrywer is in gebed. In die woorde van ons teks smeek hy die HERE om die middelpunt van sy bestaan, sy hart met Hom een te maak.

Die HERE is groot en gedug en sy gedagtes is nie ons gedagtes nie, net soos sy weë.
Ons kry hier twee gedagtes:
• Eerstens die besef van afstand en grootheid van God, die HERE.
• Tweedens die behoefte aan gemeenskap met God.

In hierdie gebed word ons gebring aan die voete van Jesus Christus. Hy het die afstand en die grootheid van God vir ons laat uitloop op die innige verhouding, waarin hierdie God ons Vader is. Hy is steeds in die hemel en tog so naby ons, eintlik in ons, deur die Heilige Gees wat die vrees weggeneem het en ons wys op die verlossingswerk van ons Here Jesus Christus. Nou het ons sekerheid dat die gebed van Dawid verhoor is, want my hart word deur God vasgehou.

Video Opname:

November 6, 2022

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.