God se regverdigheid is juis wat ons red!

Preekskets:

Soms wil mens so maklik vra: “…maar is God nie onregverdig nie?” Ons besef dat Hy gehoorsaamheid vereis, en dat Hy ongehoorsaamheid sal straf. Maar wanneer ons na al die eise van die wet kyk, kan ons nie anders as om te besef dat dit vir ons totaal onmoontlik is om dit na te kom nie. Ons besef ONS ellende, en dit maak ons besef van SY genade soveel groter.

Tog is daar by ons ook ’n besef van onreg. Ons sien al die wreedheid wat in die wêreld aan die gang is. Dan kom die vraag op: “…maar hoekom laat God al hierdie dinge toe?”

“Is God dan onregverdig?” “Hoekom gebeur al hierdie dinge?” “Waar gaan die wêreld op eindig as die onreg net aanhou toeneem, want dit is wat ek sien…?”

Habakuk het in sy leeftyd ook gebid en gevra dat die Here die onreg sal straf – en die Here het hom geantwoord. Die uitsprake wat God aan hom gemaak het, was inderdaad bedoel vir sy tyd, maar geld steeds vandag vir ons.

Dit is ’n pragtige boek hierdie, met soveel beloftes van God se oordeel en verlossing. Die mooiste van als, is hoe ons kan sien dat ’n gelowige geduldig en blymoedig kan en moet volhard in ’n wêreld waar dit “voel” of die onreg seëvier. God is nie onregverdig nie. Sy regverdigheid is juis wat ons red!

Video Opname:

Augustus 13, 2023

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.