Ons staan almal in diens van die Here Christus.

Preekskets:

In die derde preek in ons reeks uit Kolossense, staan ons ʼn oomblik stil by verhoudings. Hierdie gedeelte staan ook bekend as die huistafels. Binne die konteks van die stryd teen dwaalleer gee Paulus aan hierdie gemeente instruksies aangaande verhoudings in die huishouding.

Die verhoudings tussen mans en vroue, ouers en kinders, sowel as eienaars en slawe. Dit klink opsig self dalk nie vreemd vir ons tyd nie, maar dit was weliswaar kontra-kultureel vir die mense van Kolosse gewees. Die beginsel is nie teen kultuur nie, maar plaas eerder die vraag op “watter” kultuur. Streef ons na die wêreld se kultuur, of na ʼn Christelike kultuur?

Paulus beveel ʼn kultuur van diensbaarheid in die Here aan.

Video Opname:

April 24, 2022

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….