Ons ken en vertrou die liefde wat God Drie-enig vir ons het.

Preekskets:

Ons hoor gereeld die “term” God Drie-enig, of Drie-enige God… maar wat is die bedoeling daarvan presies? Jy sal nêrens hierdie bewoording in jou Bybel kry nie, so hoekom gebruik ons dit?

Glo ons in een God, of in drie? Of soos die kategismus dit verwoord: “Terwyl daar maar tog net een, enige Goddelike Wese is, waarom praat jy van drie, naamlik die Vader, Seun en Heilige Gees?”

Hierdie is ’n leerstelling wat talle mense verwar. Hoe harder mens probeer om dit met jou logika te begryp, hoe meer ingewikkeld raak dit… en tog is dit so eenvoudig. Weereens lê die eenvoud van begrip hiervan, in die liefde.

Kennis, vertroue… en Liefde!

Video Opname:

Oktober 15, 2023

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….